fbpx
2022 Resolutions

2022 Resolutions

This time of year, it’s all about new plans, new resolutions and new perspectives just to find yourself at the end of the year knowing nothing has changed. For most, that’s the case and there is nothing wrong with that.
My journey of self-discovering began in 2014 and I underwent a few changes. Many of those resolutions have remained with me, unbend and on track. For me, it is to continue with what I have started back then. To be my own person and be independent. That certainly has not changed. I’m still working at it.
I received so much support during that time that it’s paramount to give back, too. The reason I do volunteer work with @YouVersion and help aspiring authors to succeed in the groups I am a member of. My role might not be big, and I don’t always have all the answers, but support where needed. The reason I take judging so seriously. It’s not only a work but a privilege to give back.
That remains intact.
I’m finally stepping into my own place, owning it because that’s important to me. Under no circumstance will I allow someone to take it away from me. I have come too far to stop.
As long as we stay steadfast in our goals, the year can begin and end, but we remain loyal to our goals. Resolute in our resolutions to be the best person we can be.
Life has brought many changes, and I have learned to flow with it. It opens doors and gives me the freedom of choice. Things I haven’t had in a very long time. So here is to new year’s resolutions, and all that goes with it.
Be true to you in this year.
Motiverende skrywe aan skrywers vir die nuwe jaar.

Motiverende skrywe aan skrywers vir die nuwe jaar.

Daar is iets aan skryf wat die gedagtes losmaak en die tonge laat wapper.
Skryf gee ons die vryheid om dit te sê wat ons soms bang is om te uiter. Dit help ons om ons gedagtes te orden en om nuwe perspektief te kry. Hetsy in ons lewe of tydens ‘n krisis.
Ek dink nou terug aan die dag toe ek begin skryf het. So, in die stilligheid van my kantoor by die huis toe dinge te veel begin raak het. Die telefoon vir die soveelste keer dreigend in ons oor neergesit is met die belofte dat hulle sal terug bel. Toe alles alreeds klaar gevat is en jy wonder wat meer wil hulle nou hê. Toe het ons elke oproep gevrees. Ons skuldeisers het ons bloots gery totdat daar naderhand niks meer oor was nie. Geen eie ek, geen sin en geen rigting nie. Nogsteeds het dit aangehou en het ek ‘n uitkoms gesoek.
Skryf het dit vir my geword. Dit was ‘n natuurlike uitvloeisel waar woorde net begin sin maak het en my gedagtes een vir een rus begin kry het. Dit was in 2010.
Daar het elke storie vorm aangeneem en my weggevoer na ander plekke. Mooi plekke waar liefde, genade en barmhartigheid sin gemaak het. Woorde wat die seer en verwyte gestil het, asook die moedverlorenheid.
My eerste storie het vorm aangeneem in die oomblikke wat daar petrol was vir die kragopwekker. Wanneer die petrol klaar was het die storie verder in my kop gebroei en het ek geleef vir die oomblikke wat ek voort kon gaan. In die stil tye was ‘n notaboek en pen byderhand om die skryfstem te stil. Dit was die enigste rede wat my uit die bed laat kom het, en voort gegaan het. Niks anders het sin gemaak nie.
Ek het nooit beplan om ‘n skrywer te word nie. Ek het nooit gedink ek sal ooit ‘n boek publiseer nie. Al wat ek geweet het was dat dit vrede bring te midde van die chaos waarin my lewe was.
Ongeag van waar jy jou mag bevind op hierdie reistog weet dat jou woorde belangrik is. Of jy soos ek ‘n groentjie is wat als moes leer, woord vir woord om sin te kon maak, en of jy nou ‘n geleerde skrywer is.
Jou woorde het waarde. Jou storie is uniek aan jou.
Al dink jy mense kyk neer op jou, maak jou storie jou uniek in die aflewering daarvan. Jy kan besluit hoe om dit te skryf, hetsy fiksie of as motiverende stuk. Jou woorde se trefkrag is juis daarin dat dit eiesoortig joune is. Geen persoon: geleerde, kenner of beterweterige kan dit weg vat nie.
Die feit dat jy skryf maak jou ‘n wenner. Op daardie skoon bladsy stort jy jou hart uit. Die bladsy verdoem jou nie. Lag jou nie uit nie. Veroordeel jou nie. Hy aanvaar elke letter as jou waarheid.
Leef daardie waarheid. Skryf dit. Want iewers, uit die niet sal jy weer mens word. Sal jy weer die wêreld in die oë kan kyk en jou kop kan oplig. Wie weet wat môre sal bring: ‘n gepubliseerde boek, die wenner van ‘n kompetisie, of dalk is jy die volgende Anjie Krog, Stephan King, C.S Lewis of Dalene Matthee. Niemand sal weet nie tensy jy nie begin nie. Ons almal het iewers begin.
Daarom skryf. Al val jy uit ‘n kompetisie. Probeer weer. Leer. Skryf en lees. Want môre is jy dalk die een wat almal wens hulle kan wees juis omdat jy nie opgehou het om jou waarheid te skryf nie.
©LynelleClark
Wie is ek? ‘n Outobiografie

Wie is ek? ‘n Outobiografie

Wie is ek? Outobiografie

 

My lewe is saamgeflansde potskerwe. Elke skerf ‘n letsel wat probeer om ‘n plek te vind in my lewenskruik.

 

My geboorte is gehul in vrae … wie is my pa? Die vraag met baie antwoorde, maar tog bring nie een vertroosting nie. En daarom die rede vir die vraag: Wie is Ek?

 

My eerste onthou begin op die vlaktes van Upington. Die gebeure voor dit, vasgelê in kiekies is net dit … Beelde. Die langbeen-dogtertjie, gehul in onskuld skugterheid wat vinnig moes leer sy is nie die middelpunt in haar familie se lewe nie. Die een wat altyd opsy moes staan, plek maak vir die ander. Die een wat buite staan en inkyk.

 

Ek is ‘n diamantkind wat nog nie werklik haar blink gevind het nie, Kimberley ‘n vae herinnering van my beginpad. Tussen Louisvale se swartklippe en Kanoneiland se klipperige rivierbank het ek die liefde vir die natuur ontdek en vind nog steeds myself daar in die stiltes.

 

Stories was die ander liefde in my lewe, so om die braaivuur waar die een oom se Cortina beter was as die ander en daar dan lekker gelag is oor hul manewalesse. Of die tannies wat met kleur en geur hul lewe geskilder het terwyl hul hare gedoen word met fyn permkrullerjies of groot krullers vasgepen in hul kop. Die chemiese geure, het my gewoonlik uitgejaag die vlaktes in en het ek nooit die einde van hul stories gehoor nie.

 

Vandag nog, onttrek ek maklik en hou myself besig – stil word en dink ‘n tydverdryf van ver paaie loop. Waar ek stories opmaak en dit herkou so op die terugpad – dit definieer my die beste.

 

My familie dink ek is slim, maar ek weet dit is nie waar nie. Daar is tye wat ek weet en tye wat ek niks weet nie. Ek is al geboelie oor my kamstige slimgeid. Eintlik is ek net gebore met baie common sense en realism, maar ek het myself ook geontslim. (Is dit ‘n woord? Miskien, miskien nie.)

 

Skryf het laat in my lewe begin. Ek moes eers ‘n paar skerwe leef voor die woorde begin vloei het. En toe die ink vloei toe wil dit nie stop nie. Soos die weduwee se kruik. Ek skryf meestal in Engels, dié is ook ‘n lang storie vir ‘n ander dag – en ook in Afrikaans – my moedertaal. Dit gee my ruimte en plek en maak my heel.

Die dag toe die ink begin vloei het my lewe in twee geskeur. Ek het my seer neergepen, deur karakters te skep wat my pyn uitleef. Dit was deurspek met die erotiese, ‘n plek van verlange en ‘n plek van soek na aanvaarding. Dit het my pad op vêr paaie gelei, seer paaie waar ek my eie naïwiteit moes erken. Later, tydens die genesingpad, het ek tot die insig gekom hoe verkeerd die afdraai was.

Die vraag wie is ek het my eendag in die gesig gestaar. Die persoon wat na my gekyk het was leweloos en onbekend. Ek was vasgeketting aan tekortkominge, dreigemente en wellus. Ek het gedink as ek dit saam met hom doen sal hy my aanvaar en het dit in my stories uitgestort tot groot konsternasie van hom.

“Jy is nie hierdie persoon nie,” moes ek dikwels hoor. “Ek sal nie toelaat dat jy dit publiseer nie.” En dit terwyl die kat in die donker geknyp word. My lewe was gehul in leuens en verskansings. Ons lewe ‘n Christelike lewe in die dag en in die nag begeer ons ‘n ander se lyf. Die wete dat hy vir ander kyk terwyl ek langs hom is het my vrouwees geskend. Daardie skerf het my lewe uitmekaar geruk en in woede verander. In die wegstap het die woede oorgesit in traak-my-nie-agtigheid. Ek was vry om te doen wat ek wou maar ek het ook seer gekry in dit. Die letsels daarvan moes ek mee deel, in die gesig kyk en myself vergewe.

Daardie woede was ‘n sluimerende monster wat dikwels uitgekom het in my skryf. Dit gee ‘n ander perspektief aan die storielyn, ‘n unieke kyk na ons feilbaarheid. Maar dit het my ook nader aan God gebring.

Skryf gee my ‘n platform om vrylik te praat, hetsy deur fiktiewe karakters of deur motiverende artikels waar ek my gedagtes vaspen en dit sin maak, juis omdat my praat baie keer deurmekaar is. In skryf onthou ek die woorde, in praat, hol dit weg van my en voel ek gewoonlik soos ‘n gek, daarom hou ek my bek.

Ek het al ‘n draai voor die radio gemaak waar ek my seer en my leer oop en bloot aan my gehoor van vyf vertel het. Dit was ‘n interessante en leersame tyd … ‘n heelword tyd.

Ek was nog altyd lief vir die wêreld om my, om te ontdek, en te leer. Dit verskyn ook in my stories. Ek geniet die samesyn van woorde wat gestring is in sinne. Ek geniet die orde wat dit bring. Dit gee elke potskerf ‘n plek, ‘n rede en ‘n doel.

Nou, tien jaar later, is die ink en my geloof die sement wat die skerwe kom opvul en maak dit die kruik mooi, een woord op ‘n slag. En die vraag word woord vir woord beantwoord in die stille ure waar ek en my pen alleen is.

Kopiereg Lynelle Clark

 

Naaswenner in Kortverhale

Naaswenner in Kortverhale

During the gala event, held at Royal Elephant Hotel in Pretoria, I got the surprise of my life. One of my stories has won the second price in short stories and is published in the book, Inkspraak 2.

I feel honored to be featured in this book and want to thank Anzé Bezuidenhout, founder and owner of INK in Afrikaans, for the privilege. The gala was a wonderful affair with all the glitz and glam associated with it.

(more…)

To God, a broken vessel is beautiful.

To God, a broken vessel is beautiful.

God breaks you to build you, is my interpretation of that statement.
While busy with a piece of translation on YouVersion over the weekend, these words spoke to me. To God, a broken vessel is beautiful.
At first, I thought, what a blasphemous statement. How can God deem me beautiful when I am broken? Then the Holy Spirit reveals to me through my story what He meant, and the revelation became a WOW factor.
All our roads are different, but it leads to the same place. For God to see His reflection in you. Jesus experienced the same when He became unrecognizable on the cross. The agony of his broken body caused Him to sweat in blood. Once that phase of His sacrifice was over, beauty covered Him so much that Jesus had to introduce Himself to Mary.
The other day I was looking through my photos, and one photo stood out. To myself, I looked like a grotesque violation of God’s creation. When that photo was taken, I was in sin. Since it is part of my past, I deleted it. That person isn’t alive anymore.
Sin deforms you so much that you look unrecognizable.
Hate and bitterness clouded my mind and my walk. Sin drove me to places far away from God. It hardened me in such a way that no one could reach me. I would have attacked them at that point if they uttered the word God in front of me.
But God is faithful. His mercies endure forever.
At the end of 2016, God drew a line in the sand. It was a significant moment and in my sinful state; I realized this was it. If I don’t listen, turn, and repent, then I am done. I will die.
The Holy Spirit impressed on my heart to visit a church in the area I was living at the stage and that Sunday I went.
The minister of the church didn’t know who I was, nor did I know him. At the church, it felt like everyone knew what I did and felt judged. I wanted to run away. But the Holy Spirit glued my feet to the floor, and I took a seat at the back.
The message that morning was: The Father is waiting with open arms for his lost son to come home. As I mentioned before, this minister did not know me, but that he had a message from God for me was certain. I walked away that day knowing in my spirit that God spoke.
That was the first cracks of a broken vessel. The events after that were all to get me back to the table where God prepared a feast.
In 2017, the Lord gave me a ring. The blue stone showed of God’s grace and mercy. A proclamation that I belonged to Him. That was the second sign that He is busy with me. I couldn’t deny it any longer. God was busy to use my brokenness to bring me closer to Him.
Since then, it was a slow process of forgiving myself, forgiving others and turn back to a loving Father that waits for me with open arms. Each time I discover another crack, God fills it and makes it beautiful.
In 2019, God again used another prophet to tell me I have received a clean slate. That my past was done. Small crumpets to build my hope and faith. Another teacher repeated that. Not one of them knew my path.
I visited a Women’s conference in the same area where it had all begun in 2016. When I passed that specific place where sin abounded, it dropped in my Spirit. ‘It is done. You will not come back here again.’ Before that, my mind refused to let go of the old things, no matter how much time I had spent in the Word or in prayer. But when the Spirit dropped that wisdom in my spirit, it lifted.
Three weeks ago, I completed an online Bible study and God showed me I am part of the adventure. That my dreams matter to Him. I’m not here to take up space. This was confirmed when I received my passport in ten days’ time. A miracle in itself.
Two weeks ago, I attended a prophetic workshop, and the prophet said, (again, he doesn’t know me from a bar of soap.) “God celebrates the day you were born. God is removing your pain today. It is done.” It was beautiful words I longed to hear. The sense of beauty and relief I experience I cannot put in words.
God is faithful. His mercies endure forever.
Then I read these words: To God, a broken vessel is beautiful.
Everything up today is an affirmation of what God has done in the last seven years. He has removed all pain, confusion and hurt. The bitterness and hate have been totally removed by the power of the Cross.
My story isn’t unique.
No amount of self-indulgence can heal your problems. All it will do is rob you of the person God loves. Humble yourself and leave the rest to God. Sin will not fix this, was the lesson I learned.
We do not know the lengths God will take to save you until you are through it.
After that first meeting with God, my car was stolen, and I couldn’t find work. I was totally dependent on God and people. Slowly He provided. $5 dollars here, or $10 there or someone would buy a book. Small jobs were offered to me I could do from home, even during the lockdown God provided. For the first time, my bank account wasn’t in the red. I have learned to be grateful for all things and that I need little either.
God provided a man who came with the ring and blessed me in ways that I never thought possible. God spoiled me.
By the time I volunteered at YouVersion, God supplied another contractual work for me I can do from home. Each time, God builds my confidence and tests my faithfulness. Small steps where He fills the cracks of my brokenness with His beauty.
Today I understand better, have more mercy for others and leave the judging to God. He knows the hearts of every man and woman. He knows how fragile we are.
Our brokenness is His mirror of His devotion and love. Like a father, He waits for us to come home.
Thank you, YouVersion, for being there with me through it all.
Copyright@Lynelle Clark
Die Afrikaanse Vertaling:
Vir God is ‘n gebreekte kruik mooi.
Terwyl ek met ‘n stuk vertaling op YouVersion besig was, het dié woorde met my gepraat. Vir God is ‘n gebreekte kruik mooi.
Aanvanklik het ek gedink – wat ‘n godslasterlike stelling om te maak. Hoe kan God my mooi ag wanneer ek gebroke is?
Toe openbaar die Heilige Gees aan my deur my storie wat Hy bedoel, en die openbaring het ‘n WOW-faktor geword.
Ons almal se paaie is anders, maar dit lei na dieselfde plek. God wil Sy beeld in jou sien.
Ek het nou die dag deur my foto’s gekyk, en een foto het uitgestaan. Vir myself het ek soos ‘n groteske skending van God se skepping gelyk. Toe daardie foto geneem is, was ek in sonde. Aangesien dit deel van my verlede is, het ek dit uitgevee. Daardie persoon leef nie meer nie.
Sonde misvorm jou so dat jy onherkenbaar lyk.
Haat en bitterheid het my verstand en my wandel vertroebel. Sonde het my gedryf na plekke ver van God af. Dit het my so verhard dat niemand my kon bereik nie. Ek sou hulle op daardie stadium aangeval het as hulle iets oor God met my sou gepraat het.
Maar God is getrou. Sy barmhartighede duur vir ewig.
Aan die einde van 2016 het God ‘n streep in die sand getrek. Dit was ‘n betekenisvolle oomblik en in my sondige toestand. Ek het besef dit is dit. As ek nie luister, draai en bekeer nie, dan is ek klaar. Ek sal sterf.
Die Heilige Gees het dit op my die hart gedruk om ‘n gemeente te besoek, in die area waar ek op die stadium gewoon het; en het daardie Sondag gegaan.
By die kerk het dit gevoel asof almal geweet het wat ek gedoen het en het veroordeel gevoel. Ek wou weghardloop, maar die Heilige Gees het my voete op die vloer vasgeplak, en ek het gaan sit.
Die boodskap daardie oggend was: Die Vader wag met ope arms vir sy verlore seun om huis toe te kom. Hierdie predikant het my nie geken nie, maar dat hy ‘n boodskap van God vir my gehad het, was seker. Ek het daardie dag weggestap met die wete in my gees dat God gepraat het.
Dit was die eerste krake van ‘n stukkende kruik. Die gebeure daarna het alles ten doel gehad om my terug te kry by die tafel waar God ‘n feesmaal vir my voorberei het.
In 2017 het die Here vir my ‘n ring gegee. Die blou steen het van God se genade en barmhartigheid gepraat – ’n proklamasie dat ek aan Hom behoort het. Dit was die tweede teken dat Hy met my besig is. Ek kon dit nie langer ontken nie. God was besig om my gebrokenheid te gebruik om my nader aan Hom te bring.
Sedertdien was dit ‘n stadige proses om myself te vergewe, ander te vergewe en terug te draai na ‘n liefdevolle Vader wat met ope arms vir my wag. Elke keer as ek ‘n ander kraak ontdek, maak God dit mooi.
In 2019 het God ‘n ander profeet gebruik om vir my te sê ek het ‘n skoon bladsy ontvang – dat my verlede verby is, krummels om my hoop en geloof te bou. ’n Ander persoon het dit herhaal. Nie een van hulle het my pad geken nie.
Ek het ‘n Vrouekonferensie bygewoon in dieselfde area waar dit alles begin het in 2016. Toe ek by daardie spesifieke plek verby is waar sonde oorvloedig was, het dit in my Gees geval. ‘Dit is afgehandel. Jy sal nie weer hierheen terugkom nie.’ Voor dit het my kop geweier om die ou goed te laat gaan, maak nie saak hoeveel tyd ek in die Woord of in gebed spandeer het nie. Maar toe die Gees daardie wysheid in my gees laat val het, het dit die gedagtes verwyder.
Drie weke gelede het ek ‘n aanlyn Bybelstudie voltooi en God het vir my gewys ek is deel van die avontuur, dat my drome vir Hom saak maak. Ek is nie hier om spasie op te neem nie. Dit is bevestig toe ek my paspoort in tien dae ontvang het. ‘n Wonderwerk op sigself.
Twee weke gelede het ek ‘n profetiese werkswinkel bygewoon, en die profeet het gesê: (hy ken my nie.) “God vier die dag wat jy gebore is. God verwyder vandag jou pyn. Dit is gedoen.” Dit was pragtige woorde wat ek verlang het om te hoor. Die verligting wat ek ervaar, kan ek nie in woorde omskryf nie.
God is getrou. Sy barmhartighede duur vir ewig.
Toe lees ek hierdie woorde: Vir God is ‘n stukkende houer pragtig.
Alles is ‘n bevestiging van wat God in die afgelope sewe jaar gedoen het. Hy het alle pyn, verwarring en seer verwyder. Die bitterheid en haat is totaal verwyder deur die krag van die Kruis.
My storie is nie uniek nie.
Geen mate van selfbevrediging kan jou probleme genees nie. Al wat dit sal doen is om jou te beroof van die persoon wat God liefhet. Verneder jouself en laat die res aan God oor. Sonde sal dit nie regmaak nie, was die les wat ek geleer het.
Ons weet nie die lengtes wat God sal neem om jou te red totdat jy daardeur is nie.
Ná daardie eerste ontmoeting met God, is my motor gesteel, en ek kon nie werk kry nie. Ek was totaal afhanklik van God en mense. Stadig het Hy voorsien. $5 dollar hier, of $10 daar of iemand sal ‘n boek koop. Klein werkies is vir my aangebied wat ek van die huis af kon doen, selfs tydens die inperking het God voorsien. Vir die eerste keer was my bankrekening nie in die rooi nie. Ek het geleer om dankbaar te wees vir alles en dat ek ook min nodig het.
God het ‘n man voorsien wat saam met die ring gekom het en my geseën het op maniere wat ek nooit gedink het moontlik was nie. God het my bederf.
Teen die tyd dat ek as vryillige vertaler by YouVersion aangemeld het, het God nog ‘n kontraktuele werk vir my verskaf wat ek van die huis af kan doen. Een wat my ‘n maandelikse inkomste gee. Elke keer bou God my vertroue op en toets my getrouheid. Klein treetjies waar Hy die krake van my gebrokenheid vul met Sy heerlikheid.
Vandag verstaan ek beter, ontferm my oor ander en laat die oordeel aan God oor. Hy ken die harte van elke man en vrou. Hy weet hoe broos ons is.
Ons gebrokenheid is Sy spieël van Sy toewyding en liefde. Soos ‘n pa wag Hy vir ons om huis toe te kom.
Kopiereg Lynelle Clark 2021
You cannot copy content of this page