fbpx

Inkspraak 2 – Kortverhale

Ek het die voorreg gehad om deel te wees van hierdie fantastiese projek deur Anze Bezuidenhout van Ink in Afrikaans.

Toe ek die tweede prys wen vir my storie Moedeloos verslaentheid se nadraai was my dag en jaar gemaak.

Baie dankie vir die voorreg om deel te kon wees van hierdie projek. Om net jou storie in ‘n boek te kry is al ‘n groot wen maar wanneer dit saam met ander ewe begaafde skrywers te wees maak dit soveel beter.

Die versameling sluit in verskeie genres wat die lagkliere kielie, en die trane laat rol. Daar is ook verskeie lekkerkry stories wat sommer net die dag betekenis gee. Definitief ‘n moet vir enige leser.

Die boek is verkrygbaar by Groep 7 Drukkers en Publiseerders teen R380 per boek.

Inkspraak 2 – Kortverhale / Goodreads

DIE DIGTER

Haar vermoë

om gebrokenheid

in heelheid te omskep

as haar voete stewig vastrap;

haar innerlike sterkte

blyk onverstoorbaar

as sy die wêreld se laste

op haar skouers dra

haar hande praat

met donderweer

en hartseer oë

met weerligstrale speel

verrys berge

waar die aardkors skeur

 

want in op die papier

droog gouer as trane

dáárom dat verwardheid

in gebroke skrif ewig

geboorte gee aan nuwe krag

©Anzé Bezidenhout

 

Skakels van ‘n Ketting

Skakels van ‘n Ketting

Inspirerende sielsgedagtes oor verhoudings …

  1. Tussen ouers en kinders en die invloed daarvan op jou menswees saamgestel deur Driekie Grobler
Ons wêreld sou ‘n baie beter plek gewees het as ons beter verhoudings met mekaar kon handhaaf.
SKAKEL VAN ‘N KETTING in die eerste boek in ‘n reeks van twee, geskryf deur myself en verskeie ander skrywers wat uit hul eie ondervinding vertel hoe verhoudings met hulle ouers, hulself en ander hul lewe beïnvloed het.
Die boek kan by my bestel word vir R180 ‘n boek (koeriergelde uitgesluit) by lynelle@kreativcollectiv.com.

VOORWOORD

 Geen mens is gemaak om alleen deur die lewe te gaan nie. Ons vorm ʼn onsigbare ketting met God as die begin- en eindpunt.

Ongelukkig verswak skakels in die ketting as gevolg van sonde, en die vyand se doelwit is om gesonde verhoudings daardeur stukkend te breek. Hy weet dat as daar geen eensgesindheid en liefde onder ons is nie, verswak die saambindfaktor, raak die skakels bros en breek die ketting maklik.

Kyk maar hoe gaan dit vandag in huishoudings; in familiekringe; in werksituasies; in die politiek; in ons land en die hele wêreld. Onmin en liefdeloosheid is aan die orde van die dag. Die wêreld lê besaai met gebreekte skakels.

Om verhoudings te kan herstel, moet ons eerstens weer gaan vashaak aan God, die bron van oorsprong, liefde en krag. Hom toelaat om ons te genees en heel te maak. Daarna moet ons leer om onsself te vergewe en lief te kry voordat ons kan uitreik en weer vashaak aan ander.

Mag hierdie skrywes, uit verskillende ondervindings en standpunte, tot inspirasie dien vir elke leser.

Dankie aan elke skrywer wat hul hart en ondervindings hier kom deel het.

Dankie aan ʼn liefdevolle hemelse Vader wat hierdie projek op my hart gelê het en die regte mense daarvoor bymekaar gebring het.

Alle dank, lof en eer aan ons Skepper Heer.

Driekie Grobler

Skrywers

Alet Tinkler. Onderwyseres van beroep en woonagtig in Kroonstad. Deeltyds besig met geestelike begeleiding en ook betrokke as vrywilliger op geestelike gebied by die Korrektiewe Dienste waar sy hoofsaaklik werk met gevonnisde, asook verhoorafwagtende dames, werk.

Driekie Grobler. Gekwalifiseerde Proefleser/redigeerder asook samesteller van boeke en bundels wat nou saamwerk met verskeie uitgewers/drukkers. Outeur van verskeie gepubliseerde boeke wat nou betrokke is by skryf- en digkuns op Sosiale Media asook verskeie taalinstansies ter bevordering van Afrikaans. Tans ondervoorsitter van die GHA (Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans). Tree ook op as Geleentheidspreker en is ‘n gekwalifiseerde Christelike berader sedert 2002 wat meestal met Dowes, sowel as kinders uit gebroke huise werk.

Elmarie van Kampen. Is werksaam by ’n primêre skool waar sy tans, ná 18 jaar by die Pre-Primêre fase van dieselfde skool, leerders met spesiale behoeftes onderrig. Sy het telkens beleef en besef dat ’n mens nie die belangrike taak van kinders onderrig en opvoed, sonder God kan doen nie.

Haar skrywerspad is ’n wonderlike ervaring en een wat sy ook nie sonder God kan of wil stap nie.

J.N. Coetzee.

Johan van der Merwe. Is tans op pensioen en besig met ‘n evangelisasie bediening op FB. Hy kom uit ‘n dwelm-agtergrond en sy biografie is beskikbaar in boekvorm as REDE OM TE GLO wat ‘n kragtige getuienis is van hoe Jesus sy lewe kom verander het reeds op ‘n jong ouderdom.

Juan-Mari du Toit. ‘n Tuisbly-mamma van Barkly Oos wat haar drie kinders self deur tuisskool-onderrig bystaan. Sy geniet dit om te bak en brou en kos en tuin te maak. Sy pak graag allerhande selfdoen-projekte saam met haar kinders aan en geniet dit om te skryf. As gesin ken hulle van God se wonderwerklike hand in hul lewens.

Laantie le Roux. ‘n Tuisteskepper, het ‘n hart vir kinders en bejaardes. Nie net is sy ‘n ywerige tuinier en talentvolle skilder nie. maar sy skryf ook graag gedigte en illustreer kinderboeke.  Werk in die gemeenskap of om te help om fondse te genereer vir instansies waar kinders hulp nodig het, is vir haar lekker.  Foto’s neem van natuurtonele is ‘n stokperdjie. Bak en brou en tuisteskepping lê na aan haar hart. Stap en rondreis bring vir haar vreugde.

Lynelle Clark. Haar passie vir skryf het in 2010 begin. Na baie sukkel en val is sy vandag ‘n self-gepubliseerde skrywer met ‘n paar boeke beskikbaar in Afrikaans en Engels. Sy skryf oor die diep dinge, die seer en mooi van die lewe en is nie bang om oor moeilike onderwerpe te gesels nie. Haar boeke is deel van haar groei en weerspieël haar eie pad van val en opstaan.

Sy is betrokke by heelwat projekte wat beoordeling en skryf insluit en put groot genot in die verskeidenheid wat dit haar skryfkuns bied. Sy is ‘n kranige leser en resensent en hou daarvan om mede-skrywers te help waar moontlik. Sy het ook verskeie ander mylpale behaal en geniet die leerproses. Die voortdurende groei hou haar in pas met die moderne ontwikkeling van tegnologie, skryf en mense.

Naomi Malan. Prokureur en Aktevervaardiger wat haar B juris. Graad in 1998 en LLB graad in 2000 behaal het. In haar vrye tyd skryf sy gedigte en toneelstukke en is mal oor kook, skilder, toneelspeel en kreatiewe werk. Sy beskou haar roeping as moeder en versorger vir haar kinders en vrou vir haar man as die grootste voorreg.

Nicola Tinkler. Het haar doktorsgraad in Sportwetenskap aan die Noordwes Universiteit suksesvol afgehandel. Tans is sy ‘n voltydse dosent wat deur sportkondisionering en verstandelike vaardigheidsinoefening spelers, atlete en spanne help om hul volle potensiaal te bereik. ‘n Gesonde leefwyse huisves beslis ‘n gesonde gees. Geskrewe gedeeltes vind plaas tydens stilword tye saam met Vader.

Velma Barnard. Haar werksloopbaan het deur die versekeringswêreld gekoers waarin sy haarself bekwaam het. Sy geniet die mooi in die lewe enleef haar talente uit deur olieverf skilderwerk en skryfwerk. Velma se pa se afsterwe gedurende 2013 is die gevolg tot die begin van haar digkuns en skrywes om die hartseer se pyn te verwerk. Sy is lief vir musiek en bespeel ook self die orrel en sleutelbord. Sy geniet die digitale manipulering van foto’s en neem ook graag self foto’s as ‘n stokperdjie. Haar strewe is om mense te inspireer en te motiveer deur haar skryfwerk.

Von Villon. Sweis- en verfinspekteur in die petrochemiese industrie en ’n Christelike berader in sy vrye tyd, weens ’n passie vir mense en sy lewe wat aan God toegewy is. ’n Liefde vir poësie het hy skaars drie jaar gelede ontdek en teen die einde van die eerste jaar was 15 gedigte in verskeie gesamentlike bundels gepubliseer. Sy debuutbundel Gedagte Duister sien binnekort die lig met 100 gedigte in sy unieke digstyl

Willem Pretorius. Willem woon in Centurion saam met vroulief, dogter en seun. Sy passie om te skryf kom uit die bron van sy lewe, sy Skepper. Humor, andersheid, diepte en visie op ‘n bonatuurlike wêreld is ‘n resep vir unieke stories, gesetel in die liefde vir Suid-Afrika, die wonderlike mense wat hier woon en die natuurskoon.

Laat die Woord jou skoonwas

My grootword jare was gekenmerk deur twyfelagtige gedagtes van ‘wie is ek’, en waar hoort ek. Ek was ʼn baie onseker mens wat die heeltyd op soek was na stabiliteit. Baie van hierdie twyfel was gesetel in leuens wat ek geglo het. Leuens veroorsaak deur die ongevoeligheid van familie en my gesin. Dit was versterk deur die manier wat ek groot gemaak was, teenoor hoe my sibbe groot gemaak was.

My ouers was baie streng teenoor my. Vandag is ek dankbaar daaroor, maar daardie tyd het ek gedink hulle haat my.

Jaloesie was ʼn groot dryfveer wat ons vandag nog belemmer om ʼn goeie verhouding te hê. Die ouderdomsverskil het natuurlik ook by gedra tot die skeiding. Jare se troebelheid het die water brak gelaat en dit is met moeite wat die verhoudinge onderhou word.

My ouers is goeie mense en het my grootgemaak volgens hul onsekerhede, kennis en ervarings. Ek het nog altyd ʼn diepe dankbaarheid vir hulle, ongeag my gevoelens. Hulle voorbeeld en getrouheid een van my groot pilare waarop ek kon staan.

My ma het my geleer van dryfkrag en onvoorwaardelike liefde. My pa hoe om logies na ʼn situasie te kyk. Ek het die waarde van familie by hulle geleer. My liefde vir die land het ek van my pa gekry, asook liefde vir boeke. My Blog “Inspire to Read,” se leuse is: “Be inspired! Read Books.” Ek leef dit. Nie net omdat ek lief is vir lees nie, maar die voordele wat dit inhou.

Maar tog kon ek nooit die antwoord: wie is ek? Kry nie

My twyfelgedagtes het deurgeslaan in elke faset van my lewe. Van die mees onbenulligste dingetjies tot lewensbelangrike keuses was beïnvloed.

Ek het als bevraagteken, maar skugter gebly: elke keer wat ek spontaan opgetree het was ek in die bek geruk, wat veroorsaak het dat ek mense eenkant toe geskuif het en myself verloor het in boeke. Vandag is dit nogsteeds vir my moeilik om spontaan te wees.

Boeke was ʼn veilige hawe te midde van die onderstrominge wat in die huis en later in my eie lewe geheers het. Maar dit het my ook in verkeerde rigtings gestuur wat lank by my gespook het daarna.

My toekomsplanne moes plek maak vir verantwoordelikhede waarvoor ek nog nie reg was nie. Dit het ek uitgehaal op my gewese man deur woede-aanvalle en stilstuipe. Als het daaronder gelei.

In 1992 het ek tot bekering gekom en was die leuens vervang met waarheid. Dit het nie oornag gebeur nie. Soos wat ek gegroei het in die Woord, so het die waarheid deurgesyfer: ek was soos ʼn spons wat net gedrink het. Die Woord was soos vars water wat my denke, besluite en aksies beïnvloed het en kon ek elke onwaarheid verruil met waarheid.

Dit het tyd gevat om die leuens te vervang. Jare se bitterheid en seer moes afgeleer word en met nuwes vervang word. Dit het tyd gevat om werklik Vader se Woord as waarheid te glo, maar die oomblik wat dit gebeur het, het ek vry gevoel. Skoon; soos ʼn nuwe mens. Ek het tuis gekom.

Wat het ek geleer?

Leuens benadeel jou. Dit steel en ontmoedig jou van kosbare tyd.

Ek het toe gelaat dat die proses werk. Ek het toegelaat dat die Woord my was. Dit was nie maklik nie en soms was die proses pynlik maar ek het skoon gekom.

My boodskap aan jou:

Jou vryheid is duur gekoop. Laat toe dat Vader se woord jou ook was en dat waarheid die leuns vervang. Jy is dit aan jouself verskuldig.

Onthou: Jy is geseënd en hoogs bevoordeel deur ‘n Vader wat jou baie lief het.

Lynelle Clark

 

 

Spore van Genade

Spore van Genade

Spore van Genade

Oorsig

Wat is asemloos? Asemloos was ek eendag op 'n lang dag. 'n Dag sonder dat ek die son sien opkom het, 'n dag sonder hoop, sonder tyd, sonder 'n geluid. Mense sê hulle tyd is duur. Wat is my tyd wat ek op die plek moes verduur?

Die son kom op en sak maar ek weet nie eers of dit dag of nag is nie. Die verskil tussen water en asyn, sweet en roosmaryn ken ek nie eers meer nie. Ek sit hier op die wal van die Vaalrivier.  Kaalvoet man sonder 'n van of naam... So weet dié mens min!

Ek, die man op die maan.  ‘n Man met my eie taal. In ink geteken my verhaal. Die mense lag! Daar staan die boemelaar ou maar ek stap, stap my voete rou. 'n Laaste dag dalk, ‘n laaste nag. In my hart 'n blondekop dogter en 'n donkerkop vrou wat my nog laat wag voor ek vertrek na die Hemelseprag!

Die lewe ken my stap, Vader het my pad vir my uitgekap. Gedra was ek deur gebede! As die mens maar weet! Die verskil tussen water en grond. Vis en vleis. Is soos ek, die gewonde boemelaar man. Ek op my “boks” en jy op jou "king size" bed....

Wat is die verskil? Hoekom is jy skaam vir my?

45 Woordkunstenaars, 1 Bundel

Alta van Zyl

Alta van Zyl is in Klerksdorp, Suid-Afrika gebore en het grootgeword in Randlespark. Op die ouderdom van 16 het sy swanger geraak met haar dogter. Later jare is Alta getroud en het ook ‘n stiefseun ryker geword. Vandag is sy die trotse ouma van 3 kleinkinders. In 2016 is sy geskei.

Sy is ‘n regte “Warrior Women”. Om te bly hoop, al is daar niks om voor te hoop nie, is haar leefwyse. Haar eerlikheid en sagtheid is welbekend onder haar hartsmense. Sy is altyd gereed met ‘n vriendelike groet en opbouende woord. Sy tree op soos sy is.

Na ‘n moeilike lewe het sy, op die ouderdom van 31, haar lewensverhaal begin skryf. Ander boeke het ook daarna gevolg. Haar uithouvermoë en aanhou probeer maak van haar ‘n ster wat helder skyn. Sy was betrokke in haar bediening wat vir ‘n tyd lank toe was, maar nou weer oopgestel is. Of sy ‘n boek skryf of nie, sy is besig met die bediening en die bemarking van haar boeke. Sy beskou elke mens se sukses, in wat hy/sy ookal bereik, as sukses. Die een is nie méér belangrik as die ander nie. Wanneer jy doelwitte gestel het en dit bereik het, was jy suksesvol.

Alta glo in groei, dat ‘n mens kennis moet opbou in verskeie areas en dat ‘n mens nooit genoeg intellektueel en emosioneel kan groei nie. Sy sal elke dag leersaam wil bly, want … “’n Mens is nooit te oud om te leer nie”. Emosionele volwassenheid is iets wat plaasvind met verandering van gedagtes, daarom is sy nie bang vir veranderings in haarself en haar denkwyses nie. Die swaarkry (geestelik, emosioneel en liggaamlik) van die mens lê haar na aan die hart en as sy ‘n verskil kan maak, is dit vir haar ‘n groot bonus, floreer sy en is sy in haar element. Die boemelaar op die straat wat steeds lewe en glimlag wanneer daar ‘n geldstukkie in sy hand gestop word, inspireer hierdie vrou. Dit laat Alta besef hoeveel sy het om voor dankbaar te wees en dit inspireer haar tot ‘n groter omgee-hart wat oorloop van liefde, sonder enige veroordeling, want niemand van ons stap in die boemelaar se skoene nie.

Lees mens dié merkwaardige vrou se verhaal, verstaan jy ook wat so inspirerend uit haar verhaal is, want sy is deur ongelooflike diep waters en vuur, nie een maal nie, maar talle kere in haar lewe. Al wou sy het sy nooit gaan lê nie, maar elke keer sterker anderkant uitgekom. Vandag is sy die vuur! ‘n “Free spirit.” Wat jy sien is wat jy kry. Sy dra geen maskers nie. Lank gelede reeds is dit verbrand en voorgee is nie in haar woordeskat en leefwyse nie. Alta is dieselfde mens agter geslote en geopende deure!

Om jouself te vind en lief te hê is vir Alta van Zyl die definisie van ware geluk. Die sleutel tot geluk vind ‘n mens net binne jouself. Jy kan niemand gelukkig maak en ook self gelukkig wees, alvorens jy nie ware geluk binne jouself ontdek, ken en leef nie.

Haar advies aan jong aspirerende skrywers is om jou boeke self te probeer publiseer. Glo in jouself, al neem dit jou jare. Hou aan glo in jou boek en skryfvermoëns. Die eerste paragraaf is al die sleutel na sukses.

Ten laaste glo sy: Dra jou kroon, want jy is vrou.

Boemelaarsvrou deur Alta van Zyl (Hope)

Vanoggend, soos elke oggend, is ek weer getrou op my pos by die robot in 3de Laan. Soos ek staan en bedel vir my daaglikse brood, dank ek my Vader wat in my behoeftes sal voorsien. Met ‘n dankbare hart loof ek Hom dat ek bevoorreg is om nog ‘n werkie te kan doen. Dit is net genade uit die hand van ‘n liefdevolle Vader wat my liefhet as boemelaarsvrou.
Daar is ‘n pyn in my hart wat my siel verteer. ‘n Diepe smart wat my soms in stukke wil skeur! Net na Hom kan ek dit bring, net Hy alleen verstaan en kan dit vir my dra. Sien, ons Koning, pragtig in al sy Glorie, is gebore in ‘n krip. Hy het óók swaarkry geken. Met een kleed het Hy sy bediening begin en vir drie jaar voortgesit. Sy voete ook stukkend en vuil van al die ver stap. Hy het honger gehad en moes bid tot sy Vader vir brood. Die mens van aansien het Hom verwerp. Hy, die Koning, was arm, vuil en slegter af as die Skrifgeleerdes en Fariseërs. Hoe kan dit dan? Hoe kan Hy dan die Koning wees? Maar YaH'Shua (Jesus) het geweet wie Hy is; soos ek en ander saam met my op straat. Die mens oordeel ons omdat hulle nie ons paadjie stap nie, óf in ons skoene staan nie. Elke dag bid ek dat hulle wat op ons neerkyk, nie ook eendag hier sal hoef te staan nie!
Soos die man met sy mooi blink BMW wat elke oggend ‘n paar treë van my af staan en wag vir die robot om na groen oor te slaan. Vinnig draai hy dan sy venster op en kyk ander pad. Elke oggend sien ons mekaar, ek dink soms wens hy dat ek môre nie weer daar sal staan nie. Ek hoor dan sy musiek. Pragtige geestelike liedjies, soms ‘n preek, dan bid ek dat hy sy Verlosser sal ontmoet deur die oë van ‘n kind. Dan, ja dan glo ek, sal hy Jesus werklik vind en ook eendag vir my, die boemelaarsvrou van 3de Laan, kan glimlag en bid. Hy laat my dink aan die ryk man en ek is ou Lasarus. Elke dag het Lasarus gelê as boemelaar voor die poort van die rykman. Lasarus was siek, die honde het sy swere gelek! Hy was honger en het koud gekry. Die ryk man het in weelde geleef. Alles gehad, maar een ding gemis! Hy was eintlik arm en Lasarus baie ryk. Lasarus het Jesus geken, gedien en liefgehad. Met sy dood is hy weggedra na die boesem van Abraham, deur die engele. Die rykman het ook vir Vader geken, maar was arm, want hy het geen verhouding met Hom gehad nie. Toe hy sterf is hy begrawe. Daar was geen engele nie, geen hemelse verwelkoming nie, hy het smarte beleef en Lasarus het nou die goeie gehad.
Vanoggend kon ek ook vir tannie Sarie ‘n broodjie neem. YaHWeH was goed vir my, ek kon weer uitdeel. Tannie Sarie kan nie meer bedel nie, die swaarkry het sy tol geëis. Eens was sy ‘n pragtige, suksesvolle vrou wat geleef het vir haar medemens. Oral het sy gedien en mense met haar liefde bedien. Toe word haar pos vir ‘n ander gegee en haar pensioen gesteel. Maande later het sy alles verloor, kon sy nie meer aan ander gee nie. In die ry by die Sopkombuis, waar sy altyd groente en vleis kon aflaai, moes sy ook nou staan met haar bordjie in haar hand en ‘n gebed in haar hart.
Ek bid vanoggend vir Sonja. Die lewe het haar ‘n lelike streep getrek. Hulle was invloedryk. Het alles gehad. ‘n Goeie gelukkige lewe, mooi huwelik en gesonde kinders. Hul lewe is in ‘n oomblik van hul weggeneem toe haar man sy pos as direkteur verloor het. Hul vriende het nie meer kom kuier nie. Stadig het hulle alles begin verloor. Haar man kon nie meer nie en het selfmoord gepleeg. Net daarna het die balju alles kom haal. Daar was nie meer ‘n dubbelverdiepinghuis, vier blink nuwe motors, boutiqueklere en eksotiese etes nie. Hul kaarthuis het inmekaargeval en Sonja is op straat gelaat met vier kindertjies. Later het die welsyn hul in pleegsorg geplaas. Sonja is bitter! Sy moet Jesus nog vind.
Terwyl ek so staan by my robot, kyk ek so na al die verbygaande mense. Dié op straat en dié wat nog alles het en ek wonder baie dae wie is werklik die gelukkigste? Soms sien ek hoe man en vrou baklei in hul kar by die stop. Ek sien tieners met lelike maniere wat alreeds op ons mense van die straat neerkyk. Steek vir ons tong uit of vloek ons. Soms hoor ek die woorde, hoe dit weergalm deur my kop as die mense my so slegsê, ek die bedelaarsvrou. As die vrouens met hul duur motors en mooi klere my so aangluur, dan krimp my hart ineen. Maar dan is dit juis sulke dae wat Jesus my net sterker en beter maak. Sien, eens was ek ook goed af! Het ek ook mooi klere gedra, gestaan voor my hangkas en gewonder wat trek ek vandag aan, soos alle vrouens. Eens het ek ook die beste gesigrome gebruik. Het ek ook in ‘n salon gesit en luister na die skinderstories van die dorp, maar toe kom die dag dat ek ook alles verloor. Nou kan ek soos ander, al my besittings in ‘n tassie pak. Vandag is ek ryker as voorheen, vandag het ek Jesus in my hart.
Mense kom praat met ons, dink ons is dom. Hulle dink ons ken nie die lewe nie. Het géén ondervinding of kwalifikasies nie. Ons is net die verwerptes, die uitgeworpenes van die samelewing, die melaatses. Tussen ons mense is soveel ryk verhale. Ons het geleer dat die Almagtige werklik met ons is, elke oomblik van die dag. Daar is dié van ons wat ook op dwelms en drank is, soos ook in die lewe van rykdom en prag. Dit kry mens oral. Dit is net hartseer dat ons geoordeel word aan ons buiteblad, sonder dat ons boek eers gelees word.

Skrywers en Digters

Adri Theron, Alta van Zyl, Vickey de Jager, Andre Viktor,

Anjelika Van Den Berg, Anna Malan, Anria Breed, Antonette Bisset,

Anzo Conradie, Anzé Bezuidenhout, Bernard Fielies, Bernedine Koch, 

Charlene Mocke, Danielle Lotter, Delana Goosen, Driekie J Grobler, 

Eliztha Jacobs, Francois Meyer, Ingret Wepener, Isak de Lange, Jacky de Klerk, 

Koster Cronje, Linda du Plessis, Liza Daniells, Louis Krüger, Louisa van Vliet, 

Luna, Lynelle Clark, Marie Ströh, Margaret Bennett, Marietjie Espach, Mariaan Taljaard, 

Mariaan van Zyl, Marike Erasmus, Nadine Juta Strydom, Pieter Henning, 

Salome Oppermann, Samantha Wepener, Santie Kruger, Saretha Mouton Benadé, 

Stienie Boshoff, Sybie Kleynhans, Tinus Nortje

 

Illustrasies

All sketse is gedoen deur Liefiekind en Antonette Bisset.

Foto van omslag geneem deur Theuns de Bruin.

Voorwoord – Danielle Lotter

Die lewe het my geleer ... wat is die verskil tussen hard en sag?

My lewe het my geleer wat is dankbaarheid...!

Dankbaar vir wat jy het, maar nie vir wat jy wil hê nie.

Ons het als wat ons nodig het. Meeste van ons het skoene, klere, kos, liefde in oorvloed.

GESONDHEID ...

Maar ons word wakker in die oggend ONDANKBAAR!

Maar jy’t wakker geword vanoggend, meeste van ons in ‘n huis, warm bed, kombers, kon tande borsel, skoene aan jou voete en dalk nog ‘n werk!

Moenie die lewe vir granted vat nie!

Wees dankbaar!

Klippie op die strand het nie gevra spoel my uit op die mooiste wit sand nie ... hy is uitgespoel waar die see se strome hom heen gespoel het. Elke brander wat oor hom maal en breek, groter klippe wat teen hom stamp en skuur, het daai klippie elke dag net nog meer uniek gemaak.

Waardeer eerder meer!

Een vuurhoutjie steek ‘n hele veld aan die brand.

Wees lig elke dag!

Want Liefde Wen.

Onthou ‘n verskil begin by jou.

Danielle Lotter (Dogter van Rudolf Frank Victor)

 

Opgedra aan Rudolf Frank Victor

Een nag toe ‘n yskoue wind deur die mure van die dorpie huilend waai, het ek ‘n droom gehad. ‘n Droom van ‘n blouoog boemelaar wat honger en weerloos by die stadspoort op ‘n kartondoos, toegemaak met net ‘n dun stukkende kombers, lê en wag op die nuwe dag.

Sy lewe het soos ‘n film in my droom voor my afgespeel en my hart wou met tye gaan staan. Ek het geweet hy voel deur God verlaat en word deur die mens gehaat, al is ook hý duur gekoop! Oor en oor het die vraag; hoe kan een mens soveel smart verduur en steeds lewe; my pynlik getart, want hierdie man was vanaf geboorte bekend met die verskriklikste pyn wat die hel aan ‘n mens kan bied.

Die blouoog boemelaar … Eens my Germaanse heer, ‘n geliefde en bekende man met drome in sy oë. ‘n Man wat ‘n veld aan die brand kon steek met sy lag en nie bang was vir die donker nag nie. ‘n Diep siel met ‘n hart van goud wat op sy lewensweg altyd soekend na God was en deur sy pynlike omstandighede en seer verlede gespartel het in sy bloed, en God nie kon vind nie tot die dag ook vir hom sou aanbreek en sy uur sou kom wat Vader by hom verby sou gaan en in sy bloed vir hom sou sê: LEEF… Eségiël 16:4-6.

Rudy - ‘n Lasarus soos van ouds, wat verlang het daarna om hom te versadig met die krummels van die lewe as die honde sy seerplekke lek – dáárvan was geen mens bewus nie. Die blouoog laggende boemelaar wat God op sy sterfbed gevind het en volgens sy wens in sy pers en wit doodskleed (koninglikheid), ter ruste gelê is. Die man wat nou rus waar daar geen traan of smart is.

Die engel by my … Vir ander net steeds die sondaarmens! Die blouoog man wat ek nog ontmoet in my drome en sien deur die hemelblou vensters van ons dogter en kleinkinders! Die man wat tot in ewigheid sy deel van my hart sal besit.

Die man wat my inspirasie was na ‘n nuwe boek en toe vind hy sy plek in die digbundel. ‘n Man wat my geleer het dat die hart van ons mense lê by dié met die meeste seer. Dié op die ashoop van die lewe is eintlik die diamante deur die Gewer.

Alta van Zyl

Belangrike skakels

Spore van Genade Facebook Blad

In gesprek met Alta van Zyl by Kreatio

Bestel by enige van die Woordkunstenaars teen R245, posgeld uitgesluit.

Of bestel direk by my by lynelle@kreativcollectiv.com. Of vul net die vorm onderaan in. 

Daar is nog 'n paar boeke beskikbaar. Paxi is die aanbevole koerier teen R60 per boek

15 + 7 =

You cannot copy content of this page